Polisieman skiet vrou, suster en ma
2011-07-01 23:05
Durban – ‘n Polisie-offisier in Cato Manor het sy vrou,
sy skoonsuster en sy skoonma na aanleiding van ‘n argument met sy vrou,
geskiet.
“Die vrou het Donderdagaand na haar ouers se
huis in KwaMashu gevlug ná sy met haar man baklei het,” het Luitenant-kolonel
Vincent Mdunge gesê.
Die man, ‘n polisie-offisier, het die volgende
dag vir haar daar gaan soek en die paartjie het weer baklei.
Hy skiet toe sy vrou, haar jonger suster en
hulle ma.
“Hy het weggehardloop en die Cato Manor
polisiekantoor gebel en gesê wat hy pas gedoen het en dat hy homself wil skiet,”
het Mdunge gesê.
Die drie vroue is in ‘n ernstige toestand in
die hospitaal.
Die polisie-offisier kon nog nie gevind word
nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA