Polisieman skiet vrou, self
2012-01-19 15:59
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte van KwaMhlanga het sy vrou doodgeskiet en ‘n buurman beseer voordat hy selfmoord gepleeg het, het die polisie in Mpumalanga Donderdag gesê.
Die paartjie het hul 70-jarige buurman Dinsdagaand genader om ‘n argument tussen hulle op te los, het lt. kol. Leonard Hlathi gesê.
“Tydens die gesprekke het sers. David Nkadimeng die twee geskiet en daarna het hy homself geskiet,” het hy gesê.
“Die oorsaak van die argument en die omstandighede wat tot die skietery gelei het is nie in hierdie stadium bekend nie.””
Nkadimeng (39), wat by die KwaMhlanga-polisiestasie gestasioneer was, is op die toneel dood.
Die 28-jarige vrou is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Dossiere vir moord en poging tot moord is geopen.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA