Polisieman skiet vrou, homself

2010-01-21 06:47
Tweets Share Share line Print

Maygene de Wee

Nuwe Kruispad - ’n Polisieman van Nuwe Kruispad het Dinsdag sy vervreemde vrou doodgeskiet en daarna sy suster gevra om soos “ ’n ma vir sy kind te sorg”.

’n Rukkie later het konst. Zola Nomwebu (35) homself doodgeskiet, met die polisie op sy hakke.

Nomwebu, wat aan die polisie se beskermingseenheid in Kaapstad verbonde was, het Dinsdag omstreeks 17:40 sy vervreemde vrou, Nontsikelelo, en hul kind ontvoer.

Hy het sy vrou geskiet en in sy motor se bagasiebak by ’n vriend se huis in Khayelitsha gelos, het kapt. Ntomboxolo Sitshitshi, ­Nyanga se polisiewoordvoerder, gesê. Nomwebu was nie tydens die voorval aan diens nie.

Sy suster, Portia Nomwebu (19), het gesê hy het kort nadat hy sy vrou geskiet het met ’n ander voertuig met die kind (ongeveer vier jaar oud) by sy ouerhuis in Nuwe Kruispad aangekom.

“Ek was by die winkel onder in die pad. Hy het stilgehou, my vasgedruk en gesoen en gesê hy is baie lief vir my.” Hy het haar gevra om “soos ’n ma lief te wees vir sy kind en die kind te versorg. Sy broek was vol bloed.”

Hy het daarna in die motor geklim en weggery.

“Ek en ons ma is onmiddellik na die polisiekantoor.”

Nomwebu het volgens Sitshit­shi ’n man in Guguletu geskiet en ’n polisiebeampte in Philippi gewond. Hy het daarna die polisieman se Hyundai gekaap. Die twee mans sterk in plaaslike hospitale aan.

Die polisie het gesien hoe Nomwebu in Philippi die polisiebeampte se voertuig gekaap het. Hy het weggejaag en homself in Philippi in die kop geskiet voor hulle hom kon aankeer.

Nomwebu se bevelvoerder, sr. supt. Gerard Victor, het gesê almal by die eenheid is geskok en hartseer. Hy het gesê hy het eers ná die voorval gehoor dat Nomwebu probleme gehad het. “Of dit huweliksprobleme was, weet ek nie. Hy het nie sy probleme werk toe gebring nie.”

Nomwebu se familie was Woensdag besig om begrafnisreëlings te tref. 

–Die Burger

Lees meer oor: moorde  |  polisie  |  misdaad  |  selfmoorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ansie sê... Vir hoelank? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.