Polisieman skiet twee, homself
2010-08-07 20:04
Durban – ‘n Polisieman van Amanzimtoti het Saterdag na bewering sy vrou en ‘n ander man doodgeskiet, alvorens hy die geweer op homself gedraai het.
Volgens Jeff Wicks, Netcare 911-woordvoerder, was al drie personde dood met paramedici se aankoms op die toneel.
“Na bewering was daar ‘n onderonsie tussen die twee mans op die strand voor die Sweet Waters-woonstelblok. Dié voorval het glo tot die skietery gelei,” het Wicks gesê.
Die polisieman het sy vrou glo in die kop geskiet en die ander man in die bors, voor hy homself ook in die kop geskiet het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA