Polisieman skiet meisie, self
2012-02-04 14:44
Johannesburg – 'n Polisiebeampte het sy meisie in De Deur, 35 km suid van Johannesburg geskiet voor hy hom vroeg Saterdagoggend om die lewe gebring het, het die Gautengse polisie gesê.
"Daar word beweer dat die konstabel omstreeks 02:30 sy meisie gaan besoek het," het lt.kol. Tshisikhawe Ndou in 'n verklaring gesê.
Die meisie het 'n begrafnisnagwaak van haar oom bygewoon.
Die polisiebeampte en die meisie het glo toe begin stry, waarna hy sy dienspistool uitgehaal en haar geskiet het. Hy het toe homself om die lewe gebring, het Ndou gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA