Polisieman skiet homself voor sy kinders
2010-07-10 13:13
Johannesburg – ‘n Polisieman van Hazyview in Mpumalanga het homself voor sy kinders doodgeskiet ná hy en sy vrou stry gekry het.
Irvin Mabuye (34) het sy kinders, wat 14 en 15 jaar oud is, vieruur Vrydagoggend wakker gemaak en gesê hulle moet in die gang saam met hulle ma gaan wag, het kapt. Leonard Hlathi in ‘n verslag gesê.
“Sy vrou het weggehardloop en haarself in die hoofslaapkamer gaan toesluit.
Mabuye het homself toe voor sy kinders doodgeskiet.”
Hlathi het verder in die verslag geskryf dat indien polisiemanne probleme by die huis het, moet hulle vir berading gaan.
“Deur selfmoord te pleeg los jy nie die probleem op nie.
“Jy veroorsaak so net meer probleme.”
Volg Nuus24 op Twitter.