Polisieman skiet homself ná ongeluk
2010-02-20 05:54
Kaapstad - ‘n Polisieman van Kaapstad het homself geskiet ná ‘n motorongeluk in Khayelitsha Vrydagaand, het polisie in die Wes-Kaap gesê.
Die 33-jarige konstabel, wat by tye van die voorval in uniform was, het glo met sy motor teen ‘n wit Toyota Condor in Landsdowne-weg, Khayelitsha, omstreeks 18:00 Vrydagaand vasgejaag, het insp. November Filander in ‘n verklaring gesê.
Toe die twee motors ná die ongeluk by ‘n Caltex-dienstasie stilhou, het die polisieman sy dienspistool uitgehaal en homself in die kop geskiet.
Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.
- Sapa