Polisieman skiet glo vriendin ná rusie
2011-09-28 18:03
Durban – 'n Polisiebeampte van Ladysmith in KwaZulu-Natal staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord nadat hy glo sy meisie doodgeskiet het.
Die twee het glo 'n argument gehad voor die polisieman op haar losgebrand het.
Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het gesê die beampte het ook op polisielede wat na die toneel uitgestuur is, geskiet.
Die polisiebeampte het daarna probeer om homself om die lewe te bring, maar het misluk. Hy is in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter