Polisieman ry drie meisies raak
2009-11-09 12:52
Johannesburg – Drie tienermeisies is beseer toe hulle deur ‘n polisievoertuig raakgery is, het polisie Maandag gesê.
Volgens polisie het die voorval Sondag in Siyabuswa, Mpumalanga plaasgevind.
"’n Polisieamptenaar was na die polisiestasie in Machiding onderweg toe die ongeluk plaasgevind het,” het kapt. Klaas Maloka gesê.
Die meisies is tussen 14 en 15 jaar oud. Hulle het oor die pad gehardloop toe die voertuig hulle getref het.
"Die polisieman het probeer om uit te swaai vir die meisies maar het hulle getref en het in die proses die motor laat omslaan,” het Maloka gesê.
Plaaslike inwoners het ná die ongeluk by die toneel saamgedrom en gedreig om die motor aan die brand te steek.
“Polisie het op die toneel opgedaag en die skare uitmekaar jaag,” het Maloka gesê.
Die polisieman het ligte beserings opgedoen en die meisies is in ‘n stabiele toestand na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
- Sapa