Polisieman pleeg selfmoord ná gru-moord

2010-01-15 10:26
Tweets Share Share line Print

Welkom. – Die polisieman wat vandeesweek met sy dienspistool in die tuin voor sy huis in Welkom selfmoord gepleeg het, was baie ontsteld oor die driejarige meisietjie wat die dag ná Kersfees in ’n openbare toilet in Thabong vermoor is. Hy was een van die eerste polisiebeamptes op die grusame moordtoneel.

Sy ontsteltenis oor dié moord, geldelike én ander persoonlike probleme was moontlik die rede daarvoor dat insp. Michael Khoabane (47) van die polisie se gemeenskapdienssentrum in Thabong homself geskiet het.

Sy buurvrou, Evadne de Bruin, het Woensdagoggend die blitspatrollie gebel en hulle gevra om na Khoabane se huis in Welkom te gaan en met hom te praat omdat sy geweet het dat hy probleme het. Twee polisiebeamptes het haar omstreeks 10:00 by haar werkplek besoek, waar sy haar kommer oor Khoabane aan hulle oorgedra het. Sy het hulle gevra om hom te besoek, maar dit is glo nooit gedoen nie. Net ná 12:00 het hy selfmoord gepleeg.

“Ek het kort ná die dood van klein Onele Galada die dag ná Kersfees gesien iets pla vir Michael. Hy het my van sy skok oor Onele se dood vertel en ek het geweet hy het geldelike probleme.”

Volksblad verneem kollegas het hom Dinsdagmiddag besoek omdat hy Maandag en Dinsdag nie vir werk opgedaag het nie. Hy het glo toe gesê hy het nie hulp nodig nie.

Onele het Kersdag verdwyn en haar lykie is die volgende dag in ’n openbare toilet naby haar ouma se huis gekry. Sy is erg vermink en haar geslagsdele is uitgesny. Khoabane en ’n kollega was die eerste polisiebeamptes op die toneel nadat op die lykie afgekom is.

Sy vriendin, Morakane Moholo, het nog in hul huis in Arielstraat 109 gelê en slaap toe hy homself Woensdag geskiet het. Sy lyk, met die dienspistool in sy hand, is op die grasperk voor sy huis gekry nadat bure die skoot gehoor het.

Hy word oorleef deur vier kinders, Nanaki, Tshepang, Morema en Dimpho. Die begrafnis is volgende Saterdag.

- Volksblad

Lees meer oor: polisie  |  sterftes  |  selfmoorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Het hierdie gemors 'n houvas op die regering? Indien dit in enige ander land sou gebeur sou hy lankal vergete gewees het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.