Polisieman op plaas doodgeskiet
2011-07-19 16:29
Oos-Kaap – 'n Polisiebeampte is op 'n plaas naby Burgersdorp in die Oos-Kaap doodgeskiet terwyl hy 'n veediefstal-saak ondersoek het.
Brigadier Marinda Mills sê die 38-jarige ao. Leon Nieuwoudt, van die veediefstal-eenheid op Aliwal-Noord, en 'n kollega het op vier gesteelde skape afgekom.
Nieuwoudt, wat op die toneel agtergebly het, het later ingebel en gesê hy het twee verdagtes in hegtenis geneem en het hulp nodig. Sy kollegas het op sy lyk afgekom. Hy is twee keer geskiet en sy vuurwapen word vermis.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter