Polisieman, misdadiger sterf in skietgeveg
2011-08-29 15:36
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte en ‘n gesoekte misdadiger het gesterf in ‘n skietery in Maclear, het die Oos-Kaapse polisie Maandag gesê.
Volgens brig. Marinda Mills is ao. Zamekile Mngeniso Sondag dood toe hy en twee kollegas inligting oor ‘n misdadiger opgevolg het.
Mills sê die verdagte, Siyabulela Hlathika, was aan verskeie misdade gekoppel.
‘n Skietery het ontstaan toe polisielede ‘n voertuig in Maclear afgetrek het. Mngeniso en Hlathika is in die voorval dood.
“Ons het twee mense in die voertuig in hegtenis geneem en beslag gelê op ‘n vuurwapen.”
Mngeniso was tien jaar lank ‘n polisiebeampte.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA