Polisieman kry 15 jaar ná hy meisie moor
2009-11-12 01:59
Johannesburg - 'n KwaZulu-Natalse polisieman is Woensdag 15 jaar tronkstraf in die Ezakheni-streekhof opgelê vir die moord op sy meisie drie jaar gelede.
"Konst. Cedric de Vries, wat in Ladysmith werksaam was, het sy meisie, Nomfundo Buthelezi, in Julie 2006 voor die polisiekantoor geskiet," het Moses Dlamini, 'n woordvoerder van die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD), gesê.
Ná die voorval het de Vries probeer om selfmoord te pleeg deur homself in die kop te skiet, maar hy het oorleef.
Dlamini het gesê die OKD is gelukkig met die uitkoms van die saak.
– Sapa