Polisieman kritiek ná brand
2009-08-30 08:42
Durban – ’n Polisieman is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat ’n brand by die polisie-woonkwartiere in Durban uitgebreek het.
Die brand het omstreeks 23:00 Saterdagaand uitgebreek en die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê die polisieman en ernstige brandwonde aan sy kop, bors en arms opgedoen.
“Paramedici het die polisieman stabiliseer en hy is na die St. Augustine-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
– Netcare