Polisieman in Limpopo doodgeskiet
2010-08-01 20:01
Johannesburg – ‘n 39-jarige polisieman is Sondag doodgeskiet by sy huis in Newlands in die Mashashane-area, het die polisie in Limpopo gesê.
Volgens ao. Mothemane Malefo, polisiewoordvoerder, het twee gewapende mans geld vanaf ao. Michael Mongalo gevra en hom daarna doodgeskiet.
Die verdagtes het Mongalo oorval toe hy omstreeks 01:00 tuisgekom het.
“Die mans het Mongalo se 37-jarige vrou wakker gemaak en ook gedreig om haar te skiet sou sy nie vir hulle geld gee nie.”
Na bewering het die mans in ‘n wit Toyota Hilux-bakkie van die toneel gevlug en Mongalo vir die dood agtergelaat. Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.
Die gesteelde voertuig is sowat 1km vanaf die huis gevind.
Mongalo was deel van die polisie se misdaadvoorkomingseenheid in Polokwane.
“Ons is nog nie seker van die motief agter die moord nie. Op hierdie stadium lyk dit nie soos ‘n rooftog nie,” het Malefo gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA