Polisieman hoor Dinsdag oor borg
2009-11-20 18:34
Johannesburg - Die saak van 'n polisieman wat 'n driejarige kind in Midrand doodgeskiet het, se saak is uitgestel vir die borgtoguitspraak.
Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Klagtedirektoraat, het gesê sal volgende Dinsdag in die Tembisa-landdroshof verskyn om die uitspraak te hoor.
Atlegang Aphane saam met sy pa en oom in 'n motor in Rabie Ridge, Midrand, gesit toe hulle verkeerdelik aangesien is vir verdagtes wat die polisie soek.
Die polisielede, wat nie in uniform was nie en privaat motors op die toneel opgedaag het, het begin skiet toe hulle die pyp in die kleuter se hand sien.
– Sapa