Polisieman gewond ná wilde skietery
2010-04-05 23:28
Johannesburg -'n Polisieman is in Mthatha in die Oos-Kaap gewond ná 'n wilde skietery met 'n verdagte wat Sondagaand skielik op hom losgebrand het.
Supt. Mzukisi Fatyela het gesê die polisieman sterk aan in die hospitaal en ontvang intensiewe behandeling ná 'n 22-jarige man hom geskiet en 'n koeël 'n been 'n sy liggaam gebreek het.
Die man is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van poging tot moord en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie.
Ses ander mense is Sondagaand in aparte voorvalle in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwpens.
Die polisie het beslag gelê op sewe vuurwapens.
Intusse is 51 motoriste Sondag in hegtenis geneem vir dronkbestuur.
Fatyela 210 dagvaardings is aan motoriste uitgereik en 11 kennisgewings vir onpadwaardige voertuie is ook gegee.
Die mense wat in hegtenis geneem is, verskyn Dinsdag in die Mthatha-landdroshof.
– Sapa