Polisieman geskiet in Kaapstad
2010-03-21 16:30
Johannesburg - 'n Kaapse polisieman is by die Seepunt-polisiekantoor gewond ná hy en 'n kollega 'n toestel wat verhoed dat hul wapens gegyp word, bespreek het.
"Gedurende die bespreking is 'n skoot afgevuur. Die man is in die bolyf geskiet en na 'n nabye hospitaal geneem. Hy is in 'n kritieke toestand in die hospitaal," het kapt. Frederick van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, in 'n verklaring gesê.
Hy beskryf die toestel as 'n "string wat die vuurwapen aan die polisieman se lyfband heg".
Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek die voorval.
– Sapa