Polisieman gekaap
2009-09-08 10:22
Johannesburg - ‘n Polisieman van die Oos-Kaap se duur polisievoertuig is Maandag gekaap, het die polisie gesê.
Die man was nie in uniform nie, maar was in die polisievoertuig onderweg toe die voorval rondom 6:30 Maandagoggend in Mthatha in die Oos-kaap plaasgevind het.
Die polisieman se identiteitsdokument, bankkaarte en selfoon is deur die verdagtes gesteel en hulle het van die toneel in sy polisievoertuig gevlug.
“Die owerhede is in kennis gestel en die verdagtes is ‘n ent verder vasgevang”, het supt. Mzukisi Fatyela gesê.
Twee mans is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Die polisieman se besittings is aan hom terugbesorg.
- Sapa