Polisieman gearresteer ná seks met gevangene
2010-07-10 14:10
Durban – Twee senior beamptes van Durban se Westville-gevangenis is geskors ná ‘n polisieman blykbaar seks gehad het met ‘n vroulike gevangene.
Die betrokke polisieman is in hegtenis geneem, het Manelis Wolesa, woordvoerder vir die Westville-gevangenes, gesê.
Die tronk se area-kommissaris sowel as die hoof van Westville se vroue-afdeling is die 23ste Junie geskors.
“Hulle is geskors sodat die ondersoek van onwettige seksuele omgang tussen ‘n polisieman van Pietermaritzburg en ‘n vroulike verhoorafwagtende, onbelemmerd kan voortgaan.
“Die departement neem hul toewyding om kwesbare groepe se veiligheid te verseker, baie ernstig op,” het Wolesa gesê.
Gerugte dat die verhoorafwagtende swanger is, kon nie bevestig word nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA