Polisieman en meisie se lyke gevind
2012-01-13 21:15
Johannesburg – ‘n Polisieman en sy meisie se lyke is Vrydag in ‘n dokter se spreekkamer in Mdantsane in die Oos-Kaap gevind, het die polisie gesê.
Verbygangers het die twee lyke omstreeks 12:00 op die vloer gevind, het kapt. Ernest Sigobe gesê.
Die vrou was in haar twintigs en die man was 33
“Hulle het skietwonde in die kop gehad en daar was ‘n vuurwapen langs hulle,” het hy gesê.
Die vrou het as ‘n ontvangsdame by die spreekkamer gewerk.
Sigobe sê die beampte was ‘n lid van die polisie se taktiese reaksiespan.
Verdere besonderhede was nie onmiddellik beskikbaar nie en geregtelike doodsondersoeke sal uitgevoer word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA