Polisieman gekaap, vermoor
2011-03-23 21:00
Johannesburg – ‘n Polisieman is Dinsdag deur drie verdagtes by sy huis in Tsakane gekaap en later vermoor, het die polisie in Gauteng gesê.
“Na bewering was die beampte op pad om inkopies saam met sy meisie te doen, toe hy vermoor is. Drie gewapende mans het konst. Nelson Modishe Maputuma (34) en sy meisie in hul huis aangehou en hul beroof,” het kapt. Pinky Tsinyane, polisiewoordvoerder, gesê.
Volgens Tsinyane het die verdagtes Maputuma in sy meisie se motor gelaai en sowat 3km met hom gery voordat hulle hom geskiet het.
Maputuma kon daarin slaag om een van sy aanvallers terug te skiet alvorens hy gesterf het.
Die drie verdagtes het in Maputuma se meisie se motor gevlug.
Die gewonde verdagte is vroeg Woensdagoggend by ‘n hospitaal in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA