Polisieman afgedank ná hy suster verkrag
2010-07-19 23:29
Johannesburg – ‘n Polisiekonstabel van die Vrystaat is afgedank nadat hy glo sy suster verkrag het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Maandag gesê.
Die 28-jarige beampte is Vrydag afgedank ná ‘n departementele verhoor, het Moses Dlamini, ‘n woordvoerder gesê.
Die beampte het glo op 19 Maart sy 17-jarige suster by hul ouma se huis verkrag, het Dlamini gesê.
Die meisie se ma het die saak by die polisie aangemeld waarna die OKD met hul eie ondersoek begin het.
Die OKD ondersoek ook bewerings dat die beampte sy suster verskeie kere in 2009 verkrag het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA