Polisieman: Koeël soos hamerhou

2009-10-19 09:11
Tweets Share Share line Print

Reservis-konst. Ines van Coller, van die polisie op Secunda se motorfietseenheid, met die kol op sy rug waar ’n koeël sy koeëlvaste baadjie getref het. (Arisja Jacobs, Beeld)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - ‘Dit het gevoel asof iemand my met ’n sestienpond-hamer in die rug slaan!”

Só beskryf reservis-konst. Ines van Coller, ’n lid van die motorfietseenheid in Secunda, ’n voorval in die vroeë oggendure Saterdag toe hy tydens ’n skietgeveg met vier verdagtes in die rug geskiet is.

Hy het net ’n reuse-bloukol op sy rug oorgehou van die oor-en-weer-skietery, wat hy wonderbaarlik danksy sy koeëlvaste baadjie oorleef het.

Die koeëlpunt het in die plaat van sy koeëlvaste baadjie vasgeslaan.

“Ek was in daardie stadium besig om een van verdagtes met my motorfiets teen ’n muur vas te druk toe ek die slag voel.

“Die impak het my met motorfiets en al omgepluk.”

Hy is met die verdagte en al onder die motorfiets vasgepen.

Die aanloop tot die skietery het eergisteroggend omstreeks 03:00 begin toe die verdagtes op kapt. Tania Oosthuysen geskiet het nadat sy hul voertuig op die dorp voorgekeer het.

Sy is glo rakelings gemis, maar die polisiebakkie is erg beskadig.

Die verdagtes het weggejaag met Oosthuysen kort op hulle hakke.

Volgens supt. Willie Nel, stasiebevelvoerder van die polisie op Secunda, het lede van die motorfietseenheid pas van ’n optrede van Delmas af teruggekeer toe Oosthuysen per radio hulp ingeroep het.

Toe die polisie die voertuig tot stilstand dwing, het die vier verdagtes probeer vlug.

’n Oor-en-weer-skietery het losgebars.

Die bestuurder van die verdagte voertuig is in die motor agter die stuurwiel in hegtenis geneem.

Een verdagte is deur Van Coller vasgetrek en die derde is gewond.

Hy en die vierde verdagte kon egter weggekom.

Die gewonde verdagte, wat glo onlangs uit aanhouding in Kriel ontsnap het, is enkele uur later in hegtenis geneem.

Hy het op die afdak van ’n woonhuis ’n ent van die skiettoneel af weggekruip.

Hy was in aanhouding nadat hy met die vroeëre moord van ’n verkeersman verbind is.

Die vierde verdagte is steeds soek, sê Nel.

’n 9 mm-pistool waarmee die rowers op die polisie geskiet het, is op die toneel opgetel.

Die wapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, behoort blykbaar aan die polisie.

’n Selfoon wat deur die rowers gebruik is, is ook op die toneel opgetel.

Dit is glo onlangs by die huis van ’n polisieman op Secunda gesteel.

Van Coller is ná die skietery vir behandeling na die hospitaal geneem.

Die reservis het ook sy regtervoet beseer toe die motorfiets omgeval het.

Die koeëlvaste baadjie, met die koeëlpunt steeds daarin, is reeds vir ballistiese ontleding gestuur.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  polisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

eben.potgieter sê... Almal weet wie is Sunette. Wie is Wanita nou weer? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.