Polisielid skiet vrou glo in kar dood

2011-04-28 06:00
Tweets Share Share line Print

’n Polisieman het ’n vrou glo eergisteraand in haar motor buite die Kempton Park-polisiekantoor doodgeskiet nadat sy teen ’n vangwa gebots het.

Mev. Jeanette Odendaal (45) is verskeie kere op ’n kort afstand geskiet en is in haar motor dood, het die onafhanklike klagtedirektoraat (OKD), die waghond wat polisievergrype ondersoek, gister in ’n verklaring gesê.

Die 38-jarige polisieman, ’n sersant, is in hegtenis geneem en sal vandag of môre op aanklag van moord in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

Die voorval het plaasgevind minder as twee weke nadat polisielede mnr. Andries Tatane, ’n Cope-verkiesingskandidaat, glo tydens ’n protesoptog oor dienslewering in Meqheleng, Ficksburg, doodgemaak het. ’n Groep polisielede, onder wie lt.kol. Kanathasen Mansamy, bevelvoerder van die polisie se eenheid vir openbare orde, word weens die voorval aangekla.

Die jongste voorval het volgens die OKD eergister omstreeks 20:30 gebeur.

Volgens Beeld se inligting wou Odendaal ’n klag van rusverstoring by die polisiekantoor in Monumentlaan indien. Sy het blykbaar gesukkel om te parkeer en het in die proses teen die stilstaande vangwa gebots.

’n Motorwag wat dit gesien het, het in die polisiekantoor ingehardloop en die polisielede blykbaar vertel. Die sersant het uitgestap en die vrou glo op ’n kort afstand doodgeskiet nog voordat sy uit die motor kon klim.

Hy is kort daarna gearresteer en die saak is aan die OKD oorhandig vir verdere ondersoek.

Kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder van Kempton Park, het bevestig die vrou het in Aston Manor, net ’n paar kilometer van die polisiekantoor, gewoon.

Luidens die OKD-verklaring is dit onbekend of daar ’n woordewisseling tussen Odendaal en die sersant was.

Die sersant het blykbaar ’n geluid gehoor wat soos ’n skoot geklink het, sy vuurwapen geneem, uitgestap en die vrou doodgeskiet, lui die verklaring.

Lt.kol. Tshisikhawe Ndou, provinsiale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê dit is in dié stadium onbekend wat presies tot die skietery gelei het.

Die DA het gesê die party is erg geskok oor die tweede voorval in twee weke waarin mense blykbaar weens polisie-optrede dood is.

Die party is bly dat die polisieman so gou ná die skietery in Kempton Park gearresteer is en dat die saak dadelik vir verdere ondersoek aan die OKD oorhandig is. 

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: polisie  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Het hierdie gemors 'n houvas op die regering? Indien dit in enige ander land sou gebeur sou hy lankal vergete gewees het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.