'Polisielede te bang om uniforms te dra'

2011-08-04 08:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Polisiebeamptes is bang om die strate in uniform te patrolleer en in winkelsentrums rond te loop uit vrees dat hulle doodgeskiet sal word.

Só het kol. Tummi Shai, nasionale polisiewoordvoerder, Woensdag gesê oor die 58 polisiebeamptes wat sedert Januarie vermoor is.

In die jongste voorval het ’n klerk homself en ’n polisiekaptein vroeër vandeesweek in die Rosebank-polisiekantoor in Johannesburg doodgeskiet en die stasiebevelvoerder ernstig gewond.

David Kekana (38), die klerk, het vermoedelik ’n wapen uit die polisiestoor gevat, waarna hy lt.kol. Thandi Mkhize (43) gewond en kapt. Neelavathie Naidu (46) en homself doodgeskiet het.

Shai het gesê Mkhize, wat 14 keer geskiet is, se toestand is steeds kritiek.

“Polisiebeamptes word soos vlieë vermoor. Amper daagliks,” het Shai gesê. “Ons is bang ons is die volgende wat vermoor gaan word.

“Dit is al so erg dat beamptes wat ná hul skofte openbare vervoer moet gebruik om by die huis te kom eers gewone klere gaan aantrek.

“Hulle is bang om die strate te patrolleer en in winkelsentrums rond te loop, want enigiemand kan jou skiet.

“As jy die oggend jou huis verlaat om werk toe te gaan, weet jy nie of jy gaan terugkeer nie.

“Dit voel nie meer soos ’n eer om ’n polisiebeampte te wees nie,” het hy bygevoeg.

Die Instituut vir Rasseverhoudinge het in ’n verklaring gesê al voel dit of polisiebeamptes teen ’n vinnige tempo vermoor word, is die teendeel waar.

Die getal polisiemoorde het sedert 1994 tot en met die boekjaar 2009-’10 met 61,9% afgeneem.

“Al is die moord van elke polisiebeampte ’n tragedie, is dit belangrik om uit te lig dat daar sedert 1994 aansienlike vordering gemaak is om die getal polisiemoorde jaarliks te laat daal,” lui die verklaring.

Shai het gesê al het die getal polisiemoorde afgeneem, is dit steeds erg dat 58 beamptes in ses maande aan die hand van misdadigers gesterf het.

Iets moet hieraan gedoen word, want wat het polisielede gedoen om sulke behandeling te verdien? het Shai gevra.

Shai en Zweli Mnisi, woordvoerder vir Nathi Mthethwa, minister van polisie, is dit eens dat die polisie nie polisiemoordenaars alleen kan vang nie.

Mnisi is bewus van ’n geval waar ’n man in ’n sekere gemeenskap gaan spog het dat hy ’n polisiebeampte vermoor het. Eerder as om die man aan die polisie uit te lewer, het die gemeenskap hom as ’n held beskou.

“Elkeen daar buite is ’n poten­siële moordenaar. Of hy ’n polisiebeampte of ’n gewone landsburger vermoor het, die gemeenskap moet die polisie help om hulle te vang,” het Mnisi gesê.

Volgens hom is ’n multidissiplinêre komitee gestig as deel van die polisie se tienpuntplan om polisiemoorde aan bande te lê.

’n Span speurders en lede van die polisie se eenheid vir misdaad-intelligensie sowel as die Valke spits hulle toe op polisiemoorde.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: sapd  |  polisie  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Het hierdie gemors 'n houvas op die regering? Indien dit in enige ander land sou gebeur sou hy lankal vergete gewees het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.