Polisielede agterlosig met wapens

2011-10-19 09:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Polisiebeamptes los hul vuurwapens in badkamers en motors, of laat dit rondlê in hul kantore en huise sonder om dit in kluise toe te sluit.

Dié bekentenis is vervat in die skriftelike antwoorde wat genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, en sy topbestuur Dinsdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie voorgelê het.

Luidens die antwoorde is interne tugstappe ook net teen ’n skrale 90 polisiebeamptes ingestel vir die 1 335 vuurwapenverliese wat in die 2010-’11-boekjaar aangemeld is. Dit beteken minder as sewe beamptes word aanspreeklik gehou vir elke 100 polisiewapens wat verloor of gesteel is.

Dit is voorts onbekend of enige beampte strafregtelik vir bogenoemde wapenverliese vervolg is.

Die statistieke toon beamptes verloor hul wapens selde tydens die uitvoering van hul pligte. Die meeste van die wapenverliese kan eerder aan agterlosigheid toegeskryf word:
– Net 28 van die 1 335 wapens is ten tyde van polisiewerk verloor of gesteel.
– Altesaam 191 is na-ure in rooftogte in townships afgevat.
– Altesaam 96 wapens is uit beamptes se huise gesteel waarvan 4 nie veilig in ’n kluis toegesluit was nie.
– Dertien is uit ’n polisievoertuig gesteel en 12 uit ’n private voertuig.
– Nog 30 het uit kantore of pakkamers weggeraak.
– Altesaam 103 het met skofruilings en inspeksies verdwyn.
– Sewe is in badkamers en toilette gesteel.
– Altesaam 43 beamptes het hul wapens bloot van hul lyf verloor.
– Minstens 9 wapens is nie ingedien nadat ’n beampte uit die polisie bedank het nie.
– Die res van die wapens (786) is verlore op maniere “wat nog nie geklassifiseer is nie”.

Dit het voorts uitgekom minstens 117 polisiedossiere het in dieselfde boekjaar weggeraak. Interne tugstappe is gevolglik teen 12 beamptes ingestel en nog 11 is strafregtelik vervolg.

Die polisie se nuwe speurhoof, genl.maj. Vinesh Moonoo, het gesê talle dossiere raak by die howe weg, maar hy het ook erken die polisie se argiefstelsel is “chaoties”. “Daar is ’n moratorium op die vernietiging van dossiere en ons het net nie meer plek nie.”

Cele het in ’n stadium by parlementslede gekla omdat die howe herhaaldelik borgtog toestaan aan verdagtes wat met stringe ernstige geweldsmisdade verbind word. Hy het talle voorbeelde opgenoem en geprotesteer: “Soos hulle in Afrikaans sê – ons is gatvol (daarvoor).”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: bheki cele  |  wapens  |  sapd  |  polisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Het hierdie gemors 'n houvas op die regering? Indien dit in enige ander land sou gebeur sou hy lankal vergete gewees het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.