Polisiekantoor rot en kaal besteel
2010-06-25 15:46
Gauteng - 'n Polisiekantoor in Carletonville, wat opgeknap en gereed was om intrek te neem, is rot en kaal besteel, berig Times.
Rowers het alles wat waardevol is – insluitend deure, kaste, eetgerei, teëls, meubels, elektriese toerusting en yskaste, gebuit.
Thami Mchunu, woordvoerder van die departement van openbare werke, het gesê die saak word ondersoek.
"Ons sal al die besonderhede so gou as moontlik verskaf."
Lees meer by BBC
Volg Nuus24 op Twitter