Polisiekantoor aan die brand gesteek
2012-01-17 21:55
Johannesburg – Die polisie in Noordwes ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat die satelliet-polisiekantoor in Bethani aan die brand gesteek is.
Die brand het Sondag in die vroeë oggendure ontstaan. Ongeveer R20 000 se skade is aangerig, het kapt. Tsela Nkala, woordvoerder, Dinsdag gesê.
“Twee polisiebeamptes wat aan diens was het uitgegaan op patrollie. Toe hulle teruggekeer het, was die satelliet-polisiekantoor aan die brand. Die voorste vensters was gebreek, die deur was aan die brand en die dak was ook aan die brand.”
Die polisie vermoed plaaslike inwoners wat verlede week aan ‘n optog deelgeneem het kon dalk die brand gestig het, aangesien ‘n band op die toneel gevind is. Tydens die optog is bande verbrand en klippe gegooi.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA