Polisiehoof sê jammer oor 'bom'-verwarring
2011-11-29 13:00
Johannesburg – Lt.genl. Mzwandile Petros, Gautengse polisiehoof, sê die polisie het niks om weg te steek nie en het erken dat daar wankommunikasie was oor die "bomdrama" by die Eastgate-winkelsentrum.
Inkopiegangers en huurders was paniekerig toe die winkelsentrum Maandag ontruim is ná 'n verdagte pakkie gevind is.
Die polisie het aanvanklik gesê 'n bom is in die sentrum geplant.
Daar is sedertdien bevestig dat dit net 'n gereedskapkis met drade was en nie 'n ploftoestel nie.
"Die plofstofkenners het aangedui dat hulle drie verskillende honde gebruik het wat positief gereageer het op die pakkie. Daar was wankommunikasie oor die feite vanaf die misdaadtoneel en dit is die verskoning wat ek aan die publiek rig," het Petros gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter