Polisiehoof moet loop, eis DA

2011-06-20 09:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele, moet waai en gou ook, eis die DA.

Dianne Kohler Barnard, die party se woordvoerder oor polisie, het Sondag in ’n verklaring gesê dit is hoog tyd dat Cele se loopbaan as polisiehoof beëindig word.

Haar reaksie kom nadat die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, in nóg ’n verslag bevind het Cele het onwettig opgetree toe hy ’n huurooreenkoms met Roux Shabangu, omstrede eiendomsontwikkelaar (en na bewering ’n vriend van Cele) aangegaan het.

Haar nuutste verslag handel oor ’n huurooreenkoms vir polisiekantore in Durban.

In die eerste verslag wat Madonsela oor die kwessie opgestel het, is bevind dat Cele, sowel as die ­minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde, hulle aan wangedrag skuldig gemaak het betreffende die huur van ’n ­nuwe polisiehoofkwartier in Pretoria.

In die tweede verslag, wat aan die Sunday Times gelek is, herhaal Madonsela haar vorige bevindings en voeg by:

*Mahlangu-Nkabinde het kortsigtig opgetree deur met albei die huurkontrakte voort te gaan ten spyte van twee regsmenings dat dit ongeldig sou wees.

*Cele is skuldig aan wanadminis­trasie en het onwettig opgetree deur aan te dring op die R1,1miljard-ooreenkoms vir Durban-kantore, en

*Die maandelikse huur van die geboue in Pretoria en Durban is onderskeidelik met 300% opgestoot.

Volgens Kgalalelo Masibi, woordvoerder van die openbare beskermer, sal die tweede verslag eers amptelik bekend gemaak word nadat alle betrokkenes se kommentaar oor die aangeleentheid verkry is. Sy het nie ’n datum verstrek nie.

Kohler Barnard het gesê die jongste bevindings moet sekerlik die laaste druppel wees wat die emmer laat oorloop, en as Cele nie self loop nie, behoort pres. Jacob Zuma hom af te dank.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: bheki cele  |  da

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Wat gee die regering werklik om. AL waaraan hulle belang stel is hulle eie sakke. Kyk na al die onnodige uitgawes wat hulle aangaan. Dit is geld vir partytjies, oorsese reise, opknapping van hulle paleise, weelderige motors, noem maar enige luuksheid op en daar is geld. Dan word die geld wat nie daarvoor gebruik word nie gesteel of aan onwettige tenders toegestaan. Indien hulle so voortploeter sal daar beslis nie geld vir werkskepping wees nie. Bly iemand begin dit raaksien. Hulle moet druk op die regering begin toepas. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.