Polisiehoof: Misdadigers is diere

2009-12-08 07:02
Tweets Share Share line Print

Magdel Fourie

Johannesburg - “Moordenaars en verkragters is nie men­se nie, maar diere wat nie verdien om menseregte te hê nie.”

Só het komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, misdadigers gister in Johannesburg uitgekryt by die bekendstelling van die polisie se veldtog vir die feestyd.

Hy het dit in geen onseker terme nie opnuut gestel dat hoewel hy nié sê “skiet om te dood” nie, hy nogtans daarby staan dat die polisie dodelike mag teen misdaad moet gebruik.

“Misdadigers is onmenslik en harteloos. Só ’n persoon verdien nie om ’n mens genoem te word nie – eerder ’n dier.Watter mensereg kan jy hê as jy die lewe uit iemand vat, as jy ’n sesjarige kind verkrag?”

Hy herskryf nie die Grondwet nie, het hy gesê. Menseregte behoort egter volgens hom uitsluitlik aan mense. “Jy kan daarom nie menseregte vir moordenaars en verkragters bepleit nie.”

Hy het daarop gewys dat minstens 18 000 Suid-Afrikaners verlede jaar aan onnatuurlike oorsake dood is. Terwyl dié syfer nog so “onaanvaarbaar hoog” is, kan die polisie nie sê hulle het hul werk gedoen nie en moet dit (die syfer) dringend verlaag word.

Hy het daarop gewys dat die taakmag groei. Met 183 000 polisielede tans en 5 000 wat in die polisiekollege opgelei word, sal die totale mag einde vanjaar op 188 000 lede staan. Altesaam 81 000 van hulle sal volgende jaar vir die Wêreld­beker-sokkertoernooi ontplooi word.

Hy was beslis dat die polisiemag se moreel nié laag is nie, maar dat hulle gereed staan om misdadigers vas te keer.

“Enigeen wat dink Suid-Afrika is ’n hemel vir boewe, moet eerder tuis bly. Die polisie het toerusting gekry om sy werk te doen. Enigeen wat dus ’n boef met ’n vuurwapen sien, moet dodelike mag gebruik. Verstaan my mooi: Die seisoen het gedraai. Ons is siek en sat vir misdadigers. Ons het ’n punt bereik waar dit moet eindig. Dit sal nié verder so aangaan nie.”

Hy het hom ook uitgespreek oor die groot getal polisielede wat deur misdadigers doodgeskiet word. Altesaam 105 polisielede is verlede jaar aan diens dood en 107 in 2007.

“Diegene wat hulle teen inhegtenisneming verset, sal voortaan nie durf om die polisie te skiet nie. Die polisie sal dan niks anders nie as dodelike mag inspan.”

Cele het beklemtoon dat die polisie misdaad binne die mag ook sal beveg.

Altesaam 1 300 polisielede word tans in die tronk aangehou.

Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: bheki cele  |  sapd  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Wat gee die regering werklik om. AL waaraan hulle belang stel is hulle eie sakke. Kyk na al die onnodige uitgawes wat hulle aangaan. Dit is geld vir partytjies, oorsese reise, opknapping van hulle paleise, weelderige motors, noem maar enige luuksheid op en daar is geld. Dan word die geld wat nie daarvoor gebruik word nie gesteel of aan onwettige tenders toegestaan. Indien hulle so voortploeter sal daar beslis nie geld vir werkskepping wees nie. Bly iemand begin dit raaksien. Hulle moet druk op die regering begin toepas. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.