Polisiebrutaliteit is uitsondering, sê Cele
2011-04-28 11:05
Johannesburg - Bheki
Cele, die nasionale polisiehoof, se kantoor het Donderdag volgehou dat onlangse
berigte oor polisiebrutaliteit die uitsondering is, en nie die reël nie.
“Dit is vir ons
belangrik om dit as geïsoleerde voorvalle te hanteer, pleks van om een groot saak
van polisiebrutaliteit te maak,”
het maj.gen. Nonkululeko Mbatha, 'n woordvoerder van Cele, gesê.
“Ons kan natuurlik nie
ontken dat van ons lede in sekere gevalle optree op wyses wat nie verwag word nie. Daarom sal die Onafhanklike
Klagtedirektoraat die proses verder neem.
“In al die
gevalle is daar ondersoeke van stapel gestuur,” het sy gesê.
Polisiebrutaliteit was weer Paasnaweek in die nuus toe 'n 45-jarige vrou buite die Kempton Park-polisiestasie deur 'n sersant doodgeskiet is ná sy teen 'n vangwa vasgery het.
- Volg Nuus24 op
Twitter.
- SAPA