Polisiebeamptes wat dwelms verkoop swaar gestraf
2011-11-07 20:00
Johannesburg – Drie voormalige polisiebeamptes wat van
dwelmhandel skuldig bevind is, is ‘n tronkvonnis van tussen 20 en 25 jaar
opgelê.
Dumisani Jwara, Victor Mpho Jwili en Rasheki
Landro Mokgasani het in die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg verskyn.
Hulle is verlede maand skuldig bevind aan
handel in dwelms, waarvan sommige by die OR Tambo Internasionale Lughawe
gekonfiskeer is, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Volgens Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die
NVG, is Jwara ‘n tronkvonnis van 25 jaar, Jwili 22 jaar en Mokgasani 'n tronkvonnis van 20 jaar
opgelê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA