Polisiebeamptes vas vir verkragting
2011-01-30 22:37
Johannesburg - Twee polisiekonstabels en twee ander mans is in
hegtenis geneem nadat hulle na bewering tieners verkrag het in twee
onderskeie voorvalle oor die naweek in Pretoria.
Lt. Kol. Lungelo Dlamini sê een van die konstabels
was saam met ‘n ander man toe hulle afgetrek en ‘n 15-jarige meisie
Vrydag ‘n geleentheid van die skool af gebied het.
Hulle het haar na bewering na ‘n huis in Pretoria geneem en daar verkrag.
Hulle is in hegtenis geneem nadat sy haar familie vertel het wat gebeur het en sy die mans kon identifiseer.
In ‘n ander voorval is ‘n konstabel en ‘n ander man
in hegtenis geneem nadat hulle na bewering Saterdag ‘n 19-jarige meisie
ontvoer en by ‘n huis naby Centurion verkrag het.
Die vier mans word van verkragting aangekla en sal eersdaags in die streekhof in Pretoria verskyn.
- SAPA