Polisiebeamptes van R2,2 miljoen beroof
2011-10-02 17:06
Johannesburg – Die Valke volg leidrade op nadat misdaadintelligense-beamptes van R2,2 miljoen kontant beroof is in Johannesburg, het die eenheid Sondag gesê.
“Ons ondersoek is in ‘n gevorderde stadium, maar ek kan nie verdere besonderhede beskikbaar maak nie,” het McIntosh Polela, woordvoerder, gesê.
Die rooftog het Vrydag omstreeks 11:00 in Xavierstraat plaasgevind. Die beamptes het pas ‘n bank verlaat met die geld en was na hul motor op pad toe rowers hulle met gewere konfronteer.
City Press het Sondag berig die geld, wat by ‘n Absa-tak onttrek is, was bedoel vir die fonds vir getuiebeskerming.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA