Polisiebeamptes tronk toe vir moord, aanranding
2011-08-31 22:00
Johannesburg – Die Hooggeregshof in Polokwane het vier polisiebeamptes gevangenisstraf opgelê vir moord en aanranding, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) Woensdag gesê.
Tiyane Sambo, woordvoerder van die OKD, het gesê die polisiebeamptes is daaraan skuldig bevind dat hulle vier mans wat ‘n restaurant beroof het in 2008 aangerand het. Een van die mans is op die toneel dood.
Ao. Bogang Thomas Lekgau (40) en sers. Japhet Amos Shingane (48) is elk 12 jaar gevangenisstraf opgelê vir moord, het hy gesê.
Hulle is elk ‘n verdere 18 maande gevangenisstraf opgelê vir aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Konstabels Joseph Maredi Mothapo en Frank Chikele Segoa is elk 18 maande gevangenisstraf opgelê vir aanranding.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA