Polisiebeamptes se name op dwelmbase se betaalstate

2012-02-03 15:12
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Polisiebeamptes in hoë posisies se name is op die betaalstate van Wes-Kaapse dwelmbase en figure in die onderwêreld gevind, het Dan Plato, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vrydag in die Cape Times gesê.

Plato sê nagklub-eienaars en ander wat besorg is oor die situasie was te bang om die polisie te kontak. Hulle het aan Plato gesê dit is aangesien polisiebeamptes betrokke is met diegene teen wie hulle aanklagtes wil bring.

“Hulle het geen vertroue in die polisie nie, aangesien daar te veel beamptes op (misdaadbase se) betaalstate is,” het hy gesê.

Die name en range van die beamptes wat glo omkoopgeld ontvang het is bekend en Plato neem die kwessie op met die bestuur van die polisie.

Plato het die beskuldigings gemaak op grond van inligting wat hy oor die stad se winsgewende en berugte uitsmyter-bedryf ingesamel het.

Dié bedryf word nou gedomineer deur ‘n nuwe maatskappy – Specialised Protection Services (SPS).

SPS, wat glo ondersteun word deur  sakemanne wat volgens die polisie met georganiseerde misdaad verbind word, is begin ná die moord van Cyril Beeka in Maart.

Dit is ‘n samesmelting van twee maatskappye, waaronder een voorheen deur Beeka bestuur is.

In onlangse weke het verskeie klubeienaars Plato gekontak en gekla dat hulle geïntimideer en gedreig word deur individue wat hulle probeer dwing om spesifieke uitsmyters te gebruik.

Plato het beplan om ‘n spesiale telefoonlyn op te stel vir diegene wat geïntimideer voel deur die base van sekutiteitsmaatskappye.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: omkopery  |  polisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Wat gee die regering werklik om. AL waaraan hulle belang stel is hulle eie sakke. Kyk na al die onnodige uitgawes wat hulle aangaan. Dit is geld vir partytjies, oorsese reise, opknapping van hulle paleise, weelderige motors, noem maar enige luuksheid op en daar is geld. Dan word die geld wat nie daarvoor gebruik word nie gesteel of aan onwettige tenders toegestaan. Indien hulle so voortploeter sal daar beslis nie geld vir werkskepping wees nie. Bly iemand begin dit raaksien. Hulle moet druk op die regering begin toepas. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.