Polisiebeamptes in hof vir moord
2012-01-23 21:56
Johannesburg – Vier polisiebeamptes wat aangekla word van die moord op ‘n man wat in polisie-aanhouding was, het Maandag in die Athlone-landdroshof in Kaapstad verskyn, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat gesê.
Konstabels Sibusiso Zwane, Simo Mazikwane, Liveni Mbuwako en Siboniso Mbhele was by die Samora Machel-informele nedersetting gestasioneer, het Moses Dlamini, woordvoerder, gesê.
Hulle het Zamuxolo Zozo (31) na bewering op 8 Januarie doodgeslaan. Hy is in hegtenis geneem nadat sy vrou die polisie gekontak het oor ‘n voorval van huishoudelike geweld.
Die vier beamptes sal weer op 3 Februarie in dieselfde hof verskyn vir hul borgtogaansoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA