Polisiebeamptes in botsing beseer
2010-02-06 10:21
Johannesburg – Twee polisiebeamptes en nóg 'n man is in ‘n motorbotsing in Phoenix beseer, het paramedici Saterdag gesê.
Die SAPD-voertuig was kort voor 01:00 in ‘n trompop-botsing met ‘n ander motor betrokke, het Derrick Banks van ER24 gesê.
“Dit is nie duidelik wie die skuldige party was nie.”
Een van die polisiebeamptes is vir ernstige beserings behandel en die ander een vir ligte tot matige beserings.
Die bestuurder van die ander motor is vir ernstige beserings behandel.
Al drie die beseerdes is na hospitale geneem vir verdere behandeling.
- Sapa