Polisiebeamptes beseer in ongeluk
2010-12-07 10:46
Kaapstad - Vier mense, insluitende drie polisiebeamptes, is Dinsdagoggend omstreeks 08:00 beseer in ‘n botsing van die kant af met ‘n Peugeot-motor in Umhlangeniweg in die Avoca-gebied, KwaZulu-Natal.
Volgens mnr. Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sal die besonderhede van die oorsaak van die ongeluk deur die polisie ondersoek word.
“Beamptes van Netcare 911 het op die toneel gevind dat ‘n voertuig van die Suid-Afrikaanse Polisiediens teen ‘n Peugeot-motor gebots het. Drie beamptes en die vroulike bestuurder van die motor is beseer.
“Nadat hulle gestabiliseer is, is hulle na die Netcare Umhlanga-hospitaal vervoer vir verdere behandeling.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24