Polisiebeampte vas vir verkragting
2011-12-18 12:47
Johannesburg – 'n Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n verhoorafwagtende gevangene by die Glendale-polisiestasie, KwaZulu-Natal verkrag het, het die polisie Sondag gesê.
'n Polisiebeampte het Saterdag om 04:00 snaakse geluide gehoor wat van die aanhoudingselle afgekom het en gaan ondersoek instel, het kol. Jay Naicker gesê.
"Hy het op 'n 32-jarige vrou afgekom wat hom ingelig het dat sy deur 'n konstabel verkrag is terwyl hy 'n geweer teen haar kop gehou het."
Die vrou is op 'n aanklag van aanranding in die aanhoudingselle aangehou.
Volgens Naicker het die konstabel na die verkragting weggehardloop maar hy is later in die omgewing aangekeer.
Hy sal binnekort in die KwaDukuza landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA