Polisiebeampte sterf ná skietery by OTM-masjien
2011-11-25 17:23
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte het in die hospitaal aan
sy wonde beswyk nadat OTM-rowers op hom en sy mede-polisiebeampte geskiet het.
Konstabel Mashudu Munga (34) van die
polisiestasie in Alexandra is Vrydagoggend in die hospitaal oorlede, het luitenant-kolonel Lungelo Dlamine
gesê.
Die konstabel en een ander polisiebeampte het
gaan ondersoek instel ná rowers by ‘n kitsbank in ‘n sjebeen probeer inbreek
het.
Die rowers het met plofstof die masjien probeer oopbreek.
Hulle het konstabel op Munga en die ander
polisiebeampte se polisievoertuig geskiet en een van die koeëls het konstabel
Munga noodlottig gewond.
Volgens Dlamini was daar sowat tien mans wat
van die sjebeen af weggehardloop het nadat hulle op die polisievoertuig geskiet het.
Die polisie het hulle agternagesit en drie
mans in hegtenis geneem en hul vuurwapens gekonfiskeer.
Die res van die rowers het in twee karre
gevlug.
Volg Nuus24 op Twitter.