Polisiebeampte sterf ná motor haar tref
2011-07-05 09:55
Durban – 'n Polisiebeampte is dood en twee ander mense is beseer in 'n ongeluk op die M4-Noord naby die Clairwood-afrit in Durban, het paramedici gesê.
Twee polisiebeamptes was besig om verkeer op 'n ongelukstoneel te herlei toe 'n voertuig in hulle ploeg. Een persoon het ligte beserings opgedoen in die eerste ongeluk.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê die polisievrou in haar 30's is op die toneeld dood, terwyl die ander beampte ernstige beserings opgedoen het.
Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voor hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling.
– Netcare
– Volg Nuus24 op Twitter