Polisiebeampte skuldig van verkragting
2011-09-23 23:02
Bloemfontein – ‘n Polisiebeampte is skuldig bevind van
statutêre verkragting nadat hy seks met ‘n 15-jarige meisie gehad het.
Alven Mpondo (26) is tot drie jaar gevangenskap
gevonnis, opgeskort vir vyf jaar, het kaptein Ernest Sigobe gesê.
Mpondo is daarvan skuldig bevind dat hy die
meisie by sy huis in Willowmore verkrag het nadat die twee ‘n paar biere
gedrink het.
Die meisie het aan die slaap geraak en toe sy
die volgende oggend wakker word, het sy nie klere aangehad nie.
Sy het die voorval onmiddellik gerapporteer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA