Polisiebeampte skuldig aan moord op vrou
2012-01-16 19:07
Pietermaritzburg – ‘n Voormalige lid van die honde-eenheid in Pietermaritzburg, konst. Morné Croeser, is Maandag skuldig bevind aan die moord op sy vrou in Augustus 2010.
Regter Esther Steyn van die Hooggeregshof het Croeser se verweer dat hy en sy vrou, Erika, deur ‘n inbreker aangeval is, verwerp. Erika is minstens 14 keer gesteek in hul huis by die Albert Falls-dam.
Croeser het gesê hulle is aangeval toe hulle teruggekeer het nadat hulle laat in die aand ‘n kroeg besoek het. Die staat het egter gesê Croeser het homself in die maag gesteek om sy verduideliking te steun.
Steyn het gesê daar was geen direkte bewyse van die dodelike aanval nie en omstandigheidsgetuienis om Croeser se weergawe van die gebeure te ondersteun, kan nie waar wees nie.
Croeser, wat op borgtog van R5 000 vry was, word aangehou.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA