Polisiebeampte skiet vrou, self
2011-07-17 17:56
Noordwes – 'n Polisiebeampte het selfmoord gepleeg in Mafikeng in Noordwes nadat hy 'n vrou Saterdagaand gewond het, het 'n woordvoerder gesê.
Daar word geglo dat hulle 'n uitval gehad het. Die polisiebeampte het die vrou toe drie keer geskiet voor hy homself om die lewe gebring het.
Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is na 'n hospitaal in die gebied geneem.
"Die 32-jarige polisiebeampte het die 47-jarige vrou drie keer geskiet voor hy homself geskiet het."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter