Polisiebeampte skiet meisie, self
2011-11-01 22:00
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte van Mpumalanga het sy meisie doodgeskiet voor hy die geweer op homself gedraai het, het die polisie Dinsdag gesê.
Konst. Joseph Mesoane (24) het Maandagaand die moord en selfmoord met sy dienspistool gepleeg, het lt. kol. Leonard Hlathi gesê.
“Mesoane se huurder het Dinsdagoggend gesien hoe bloed onderdeur die geslote deur stroom,” het hy gesê.
Sy bure het gehelp om die deur af te breek en het die paartjie se lyke op die vloer in ‘n poel bloed gevind.
Die dooie vrou is as Sandra Papela (26) geïdentifiseer.
‘n Ondersoek is geloods.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA