Polisiebeampte skiet meisie, pleeg selfmoord
2011-09-06 18:53
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte het sy meisie geskiet en gewond voordat hy selfmoord gepleeg het naby Wolmaransstad, het die polisie in Noordwes Dinsdag gesê.
Volgens konst. Provia Tseke was die beampte en sy meisie in haar gehuurde kamer in Makwassie toe hy haar Maandag omstreeks 19:00 met sy dienspistool geskiet het.
Die beampte het weggehardloop. Die polisie het sy lyk later in sy nabygeleë woonstel gevind.
“Ons vermoed ‘n argument tussen die paartjie het tot die skietery gelei, maar dit is nog nie seker waaroor hulle gestry het nie.”
Tseke kon nie sê hoe die beampte, wat by die Makwassie-polisiekantoor gestasioneer was, selfmoord gepleeg het nie.
Sy 40-jarige meisie is in ‘n stabiele toestand in die Wolmaransstad-hospitaal.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA