Polisiebeampte skiet homself
2010-02-24 05:22
Kaapstad – ‘n Polisiebeampte van Pinelands het homself Dinsdagaand met sy dienspistool geskiet, ná ‘n laatnag argument met ‘n vrou by ‘n woonstel in Thornton.
Die polisiebeampte van Pinelands-polisiestasie wou glo toegang tot die vrou se woonstel verkry, het insp. November Filander, ‘n polisiewoordvoerder gesê.
“Die beampte se kollegas het hom probeer oorreed om sy dienspistool aan hulle te oorhandig. Maar terwyl hulle met hom gepraat het, het hy twee skote in die lug afgevuur, die pistool teen sy kop gedruk en homself geskiet.”
Die polisiebeampte is op die toneel dood. Die vrou het in haar woonstel gebly en is ongedeerd.
- Vir die volledige storie, besoek iol